Chronicle-1994

geniet. Eenstemmigheid is bereik en ons het besluit om deurgaans in die dag in Engels nit te saai. Daar is ook voorsiening vir Afrikaansen die ander tale gemaak(wat beslis meer as 16 persent is). Daar is ook nuusberigte in die ander tale wat hierdie persentasie vergroot. Dis belaglik om voor te stel dat dieSAUK hul taalbeleid drasties verander het. Om die waarheid te se, volg ons dieselfde taalbeleid wat ons in 1990 gevolg het. Dis ook te vroeg om die SAUK te kritiseer. Televisie is 'n grootindustrie,watsoos alles in die nuwe Suid-Afrika 'n tydjie sal neem om by die veranderinge aan te pas. Ons sal aan die basiese bepalings van die grondwet voldoen, maar wat ons nodig het, is begrip en hulp, nie kritiek soos die van Prof, van Rensburg nie. Die uwe I. Matsepe-Cassaburi (Voorsitter van die SAUK Raad) Bogenoemde is 'n uittreksel nit'n koerantopdrag en is geskryf deur: MICHAEL CARDO Vorm6 Oorlog:'n Stryd om die dood Dit was tweejaar gelede datek en 'n paar vriende in die oorlog betrokke geraak het met al ons drome van glorie en roem. Dit het net 'n paar maande geneem vir ons drome om stuk vir stuk af te breek en toe het ons besef dat enige oorlog beslis nie 'n speletjie is nie. As daar ooit so 'n slegte plek kon wees, sou dit beslis die loopgrawe van die Eerste Wereld Oorlog gewees het. Dit was soos'n hel op aarde. Oor die afgelope tweejaar was daar baie gevegte en ons het gou geleer wat ons moes doen om te oorleef. Die eerste reel van oorlogvoering in die loopgrawe was om nie Jon kop bo die oppervlak te steek nie, behalwe asjy lus gevoel het om met'n paar vanjou vyande se koeels kennis te maak.Dit was miskien'n eenvoudige reel,maar keer op keer is manne gedood.En die oorsaak was die dodelike skote. Ons het gou geleer en geweet hoe 'n bom klink as dit na ons toe gegooi is. Die ergste van alles was die vreeslike koue en die reen wat oor die loopgrawe uitgesak het. Daar was geen warm plek nie en die sand en grond is gou in modder en slyk verander. Die enigste troos onder hierdie omstandighede was om sigarette,on foto's en briewe van vriende en familie met kamerade te deel. Die gloeiende sigarette was soos 'n verwarmer en'n gelukbringer in ons lewens en het ons 'n klein bietjie bevrediging gegee,terwyl die wereld om ons verkrummel het. Sonder die foto's en briewe sou ons waarskynlik mal geword het, want almal daar moes iets he om hulle lus vir die lewe te maak. Elke keer as daar'n paar oomblikke was,het die manne hul foto's en briewe aan bul vriende gewys. Hierdie tye was altyd gelukkig en is deur glimlaggende gesigte en ligte harte gekenmerk. Op'n dag het iets gebeur wat my sou verander. Terwyl ons in 'n skermutseling betrokke was,het twee van my vriende in 'n handgranaat ontploffing gesterf. Ek kan onthou hoe ek gevoel het toe ek hulle roerlose lywe gesien het, met hul uitdrukkinglose gesigte en dowwe oe wat na my "gekyk" het. Ek het daarvan probeer vergeet, maar ek was toe alleen en het partykeer nagmerries daaroor gehad. Elke jaar was daar egter 'n onderbreking in ons stryd met die dood - Kersfees. Gedurende Kersfees het alle gevegte opgehou en ons het soms ontmoetom sigarette en sjokolade met mekaar te deel en 'n bietjie sokker te speel. Dit het die nutteloosheid van die oorlog beklemtoon. Wie weet...miskien sou ons onder ander omstandighede goeie vriende met ons vyande gewees het? Maar,ons sou nooit kon uitvind nie. Ons het nooit in ons eie oorlog geveg nie, maar in 'n oorlog wat deur die politici ontwerp is,en...aan die einde maak dit nie eintlik saak nie, want daar is geen wenners nie. ROBERTLEE Vorm 4 Klein Vrede-'n Analise Klein Vrede handel oor die lewens van 'n Afrikaanse huisvrou en haar man,en oor hul soortlewe wattipies is van die on Afrikaner kultuur. Sy wag, dag en nag, op haar man en hy is die kern van hul huishouding. Hy verwag van haar om die huishoudelike take te doen en sy verwag'n bietjie liefde van hom.Soos in reels5en6 gese word:"en wag darem dat hy haar eers teen hom vasdruk". Hul verwagtinge en liefde vir mekaar is dus wedersyds,volgens reel 11:"haar hande von'n stopskulp in syne as sy bid." Die gedig verwys dus ook na die sterk Christelike ele ment wat die Afrikaner nog al diejare behou het en hul getrouheid daaraan. Ons kan dit in hul stiltetyd met die Here sien, as hulle uit die Bybel lees en ook bid in die laaste reel. "My vrede gee Ekjulle"is die woorde watteen die muur hang.Die"Ek"begin met'n hoofletter omdat dit na die Here verwys. Al is hulle wereld dus klein en het hulle relatief min om na uit te sien(behalwe na mekaar),gee die Here hulle vrede en 'n gevoel van genoegsaamheid in mekaar. Letterkundige tendense Krog se skryfstyl is eenvoudig en verstaanbaar vir 'n wye groep lesers. Sy gebruik in hierdie gedig min ingewikkelde beeldspraak en haar boodskap is op die man af. Die beelde watsy wel hier gebruik is meestal in die vorm van metafore en onomatopeas.In reel 15 praat sy van die maan wat soos'n"koringmeelbrood"bokant die dak rys. Dit verwys na die tekstuur van die maan wat soos hierdie soort brood lyk, bv. die saad en die semels aan die buitekant. In reel 13 verwys sy na haar hande wat"soos'n stopskulp"in haar man se hande pas. Dit versterk die gevoel dat hulle vir mekaar bedoel is, want haar hande pas perfek in haar man s'n. Sy gebruik onomatopea in reel 18 as sy die "klap-klap" van die windpomp beskryf.Ditgee'n gevoel van die omgewing en van watop daardie oomblik gebeur,bv. die wind wat waai. Die gebeure in bierdie gedig vind plaas op 'n plaas of kleinhoewe.En dit is waar die Afrikanerkultuur ontstaan heten waarmee hulle hulselfnog kan vereenselwig.Krog speel dus met die leser se emosies omdat die temas waaroor sy skryf na aan die Afrikaner se hart le. Dit is deel van sy kultuur en van sy geskiedenis. BRENDANNIELSEN Vorm 5 34 Kearsney Chronicle 1994

RkJQdWJsaXNoZXIy MTc3MDU5Nw==