hierdie plekke verlaat? Hier het ons goud,diamante en steenkool sowel as 'n goeie landbou infrastruktuur. Dink asseblief oor die dinge wat hier geskryf is, ou maat. Moenie die grootste font vanjou lewe begaan nie. Totsiens,kerel. Peter Peter Lamplough Vorm 4 Posbus 136 Ricbardsbaai 3900 13 Februarie 1996 Dagse ou maat Dit is vanselfsprekend dat die regering hand uitruk met al die beloftes wat hulle so uitgeblaker het oor die TV. En,alhoewel dit onregverdig is, is dit my plig om jou aan te raai om te bly. As jy nou besluit om na 'n ander land te emigreer, sal jy spyt wees. Waar in die wereld gaan jy die unieke smaak van 'n smullekker braaivleis, sappige boerewors,sagte koljander-biltong en die soetste boerepampoenkoekies kry? Sonskyndae en 'n goeie rugbywedstryd sal lets van die verlede wees. Waar gaan jy weer 'n wildtuin kry, so pragtig soos die Kruger Wildtuin? Nerens in die wereld is daar nog 'n Mapelane of 'n Cape Yidal nie. Die mense is glad nie so vriendelik nie, en daar is min plekke om gesellig by 'n vuurtjie te sit en gesels. Dink net aan die vrugbare wynplase. Ek vra jou met 'n seer hart...dink goed daaroor na voordatjy besluitom te emigreer.Ek sien uit daamaom jou weer te sien. Groete. Andre Andre van Rooyen Vorm 5 ORKNEY SNORK NIE:DIE MOVIE (Dis lekker by die see) Mooi meisies, avontuur, skelms, liefde, 'n gelukkige einde en Brook Lax! Wat meer kan jy van 'n film vra? Wei,dis presies wat 'n mens in die rolprent vind, plus nog bale ander skreeusnaakse tonele. Oor die algemeen is dit 'n vermaaklike en snaakse rolprent wat deur die hele gesin onthou en geniet sal word. Dit is egter een van daardie films wat nie die tweede keer snaaks is nie, alboewel party tonele jou in stuipe sal he. Die Brook Lax-toneel is waarskynlik die snaaksste toneel in die rolprent,terwyl Ouboet en Jollie jou permanent aan die lag sal hou. Die storie begin waar Hendrik (die Pa, gespeel deur Zack de Beer) van die myn af terugkeer, waama daar emstig ingepak word. Spike, 'n vriend van die gesin, moet die huis oppas, maar na die gesin se vertrek, eet by hom dik aan die Brook Lax, met voorspelbare gevolge. Die vakansie begin prettig genoeg, maar dan stuur Patrick Mynhardt, bestuurder van Happy Homes Timeshare,sy werkers uit om Paradys Park te saboteur. omdat hy die grond wil gebruik vir 'n nuwe ontwikkeling. Alles werk egter teen hom en uiteindelik is almal gelukkig. Die staaltjies oor Vaatjie, die eienaar van Paradys Park en Babsie se liefdesverhouding, Wimpie se manewales en verskeie kompetisies maak die rolprent as 'n geheel, genotvoller. Daar moet egter besef word dat hierdie rolprent geen "diepere betekenisse" het nie, en daarom moet dit geniet word vir wat dit is. 'n Snaakse, vermaaklike gesinsrolprent wat goed van die televisie-reeks verwerk is. Jy gaan nie lesse oor die lewe leer nie, behalwe dalk asjy 'n sin vir humor het. Jacques Marnewick Vorm 4 ALLEEN BY DIE HUIS. Ek het 'n harde slag gehoor! Ek het opgespring en toe ek buitentoe gestorm het, het ek vaagweg die gestalte van 'n skraal man gewaar. Hy het so pas die hoofslaapkamer se venster flenters geslaan. Dit was vir my 'n skok,toe ek besef het dat die dief besig was om by ons huis in te breek. Ek was die enigste persoon in die huis en ek het besefdat as ek die polisie sou bel, die dief my sou boor. My idee was om die dief self te vang. Ek het inspirasie ontvang van die"Home Alone"rolprente, waar Macauley Culkin altyd die boewe 'n les oftwee geleer het. My sesde sintuig het my vertel dat die skelm in die sitkamer sou toeslaan, want dit was waar die televisie, videomasjien en hoetroustel was. Ek het agter die sitkamer se deur gewag...met my krieketkolf. Die laaste ding wat die dief sou verwag, was om oor die kop geslaan te word. Soos ek verwag het, het hy suutjies ingestap en toe het ek hom met my krieketkolf "uitgeboul" dat hy bewusteloos op die vloer gele het. Ek moes toe vinnig met hom klaarspeel, omdat hy binnekort sou bykom. Dadelik het ek sy mond en oe met sterk kleefband toegeplak, nadat ek eers 'n paar slaappille in sy keel afgegooi het. Ek het toe die skelm in die kruiwa gelig en hom tot aan die einde van die straat gestoot. Dit was nie te moeilik gewees nie,omdat hy so lig was. Toe ek by die straathoek gekom het, het ek hom in die boom probeer ophys.Ek het dit reggekry met 'n sterk tou en baie moeite. Weer eens was dit moontlik gewees, omdat die dief so maer was. Uiteindelik het die dief onderstebo uit die boom gehang met sy bene wat vasgebind was. Hopelik sou die slaappille begin werk,voordat hy sy bewussyn herwin. Daardie aand het ek met 'n geruste hart gaan slaap, want ek het besef dat ek 'n dief'n goeie les geleer het. Ek sou net baie graag sy reaksie won sien, toe hy sy bewussyn herwin het. Om die waarheid te se, sal ek glad nie omgee om weer alleen by die huis te bly nie. Willem SmitVorm 5 VASGEKEER IN'N HYSBAK. Julie is somertyd in die VSA, daarom is dit die aangenaamste tyd van die jaar wat die weer betref. 'n 32 Kearsney Chronicle 1995
RkJQdWJsaXNoZXIy MTc3MDU5Nw==