Chronicle-2001

'n Besoek aan die wildtuin Een vakansie het ek en my gesin beplan om na die wildtuin te gaan . Ek was vreeslik opgewonde. My gunsteling tydverdryfis om in die kar te sit en na die diere buite in die son te kyk. Ons het besluit om na die Kruger Nasionale Park toe te gaan. My pa het gereel om in 'n vakansie-hut wat op die kant van die Olifantsrivier gelee is, te biy . Ons was almal vreeslik baie opgewonde. Die volgende oggend het ons vyfuur wakker geword om teen sonop in die wildtuin te wees. My pa het vir my gese dat al die diere voor sonop na die Watergate toe loop. Ons het by'n watergat gestop en 'n hele klomp diere soos buffels,zebra en 'n klomp voels gesien. Nadat ons middagete geeet het, het ons oppad huis toe by 'n troep olifante gekom. Ek het amper my broek natgemaak toe 'n olifantkoei ons bestorm het in 'n poging om haar kleintjie te beskerm. My besoek aan die wildtuin was vol aksie en goeie herinneringe. J.C. van Dyk Graad 9 Die Inbraak Dit was twee-uur in die nag. Ek het rustig in my bed geslaap toe ek 'n geluid gehoor het. Skielik het ek penregop gesit en luister. Daar was stilte. Ek het weer aan die slaap geraak toe ek die geluid 'n tweede keer hoot. Daardie keer kon dit nie nog 'n droom wees nie. Blitsvinning het ek stil na my oners se slaapkamer gehardloop. Ek het vir hulle van die geluid vertel. Hulle het dit ook gehoor en het gese dat dit soos brekende glas geklink het. Gelukkig was die telefoon in hulle kamer. Toe my pa vir my ma vertel om die polisie te bel om hulp te kry, het ons die trappies hoor kraak! Daar was die geluid weer en weer! lemand het by die trappe opgeklim! Daar was nie genoeg tyd om vir die polisie te wag nie. Dadelik het my pa 'n dik stok gekry en stil trappies toe geloop. Ek en my ma het gesit en luister en vir die beste gehoop. Een oomblik was dit stil en donker,die volgende het'n skoot afgegaan. Wat het gebeur? Het Pa'n besering opgedoen ofwas hy dood? Toe het ek die polisie se sirenes gehoor. Hulle het uit hulle motors uitgespring en by die huis ingehardloop. Hulle het die dief gevang en geboei. Gelukkig vir my pa, het hy die dief met die stok geslaan toe die skoot afgegaan het en die koeel het net die muur getref. Teen daardie tyd was al die bure wakker en het gekom om te sien of alles reg was. Hulle het die skoot gehoor en won weet wat gebeur het. Dit was halfdrie toe ons klaar was om vir hulle alles oor die inbraak te vertel. Ek was baie verlig dat dit alles oor was en won he dat dit nooit weer sal gebeur nie. Ek was baie trots op my pa en hoe hy die dief geslaan het. Eendag wil ek net so braafsoos hy wees. Neil Hendry Graad 9 Rochdale 3 Kennethstraat Oak Park PIETERMARITZBURG 3201 9 Februarie 2001 Beste Mnr Boom Ek het lank nagedink oor gister se gesprek. Ek verstaan dat om op die tennistoer te kan gaan, moet ek in die tweede termyn tennis speel. Ek het tot 'n besluit gekom. Verlede jaar het ek het vir die ol5A-rugbyspan gespeel en ek dink dat ek 'n goeie kans het om hierdie jaar vir die ol6A-span te speel. Dus het ek besluit om weer in die tweede termyn rugby te speel, en nie op die tennistoer te gaan nie. Ek hoop u verstaan my besluit al is dit nie wat u won gehoor het nie. Ek sal gelukkig nogsteeds Maandae en Woensdae kan kom oefen. Ek is jammer dat ek nie tennis kan speel nie, maar my besluit is finaal. Ek wens u en die span voorspoed toe vir die toer, ek is seker dit goed sal gaan. As alles goed verloop sal ek weer in die derde termyn tenniswedstryde kan speel. U leerling Pier Pierre Taljaard Graad 10 50

RkJQdWJsaXNoZXIy MTc3MDU5Nw==