Chronicle-2011

66 opgetree en dit was ‘n verootmoedig ervaring. “Taipei 101” is een van die hoogste geboue ter wêreld en ook die hoogtepunt van my Taiwan-verblyf. Die tweede helfte van die toer was na Japan. Japan is ‘n grasgroen eiland met hemelhoë geboue en hordes mense. Ons het vreemde kos geëet en groen tee afgedwing. In Tokoyo het ons ‘n Japanese tempel besoek. Die oorverdowende geraas van miljoene mense en helder ligte het ons sintuie beskadig. Die koor het by ‘n tradisionele Japanese hotel geslaap wat naby berg Fuji met sy sneeubedekte pieke geleë was. Japan se moet-onthou-oomblik was die “Haikone”-warmwaterbronne wat “sake”-tee en wynbaddens ingesluit het. Karaoke op die busritte is ook een van my gunsteling herinneringe van dié interessante toer. Die laaste helfte van die toer was in “Shaoxing”, Sjina. Dit is ‘n antieke stad met ver takte kanale wat soos are in ‘n reuse liggaam versprei lê en dit was die plek waar die wêreldkoorspele aangebied is. Dit was die kompetisie waarvoor ons twee jaar gelede begin voorberei het en daarom was dit tyd vir ernstige fokus en gespesialiseerde oefensessies. Die koor het in drie kategorieë deelgeneem: volksmusiek, “die musiek van die godsdienste” en “musica contemporance”. Kearsneykoor is die beste volkskoor ter wêreld en daarom was die titel: “Wêreldkoorspele-kampioene vir volksmusiek” ons mikpunt. Gedurende ons optrede was ons senuwees onuithoudbaar ; die spanning tasbaar. Na ‘n uitmergelende deelname teen wêreldberoemde kore, het ons ‘n welverdiende goue-medalje vir volksmusiek en ‘n silver-medalje vir “die musiek van die godsdienste” behaal. Dié toer was ongelooflik leersaam en dit was ‘n onbeskryflike warm har tsgevoel om op daardie stadium te kon staan en jou land te ver teenwoordig. DIE PERFEKTE PLAN Deur: Justin Palmer Graad 12 Dit was ‘n bibbernag, maar die sweet het my afgetap. Ek was verhewe (effens onaantasbaar) op die dak van die FNBgebou. Versigtig en tydsaam het ek die ieb-gebou bespied. Ek was so reg soos ‘n roer. Elke detail was volgens plan korrek. Onmiddellik het begin pas aangee: vinniger en vinniger gehardloop. Die kant van die gebou was in my visier. My sprong was sekuur en geveer met selfver troue. Die dak van die ieb-gebou was onder my voete. Ek het ligvoets na die deur gesnel en het my “plasmasnyers” uit my sak gehaal. Die deur het saggies, uitnodigend voor my oopgeval en ek het ingeklim. Die kaar t het onder my vingers gekriewel. Waar was die Afrikaans kantore? Ek het na die linkerkant gestap. Wiskunde- en Wetenskapkantore het teruggekoggel, maar ek het na die grootste prys gesoek. Die Afrikaans-kantore. Met bruisende hoop het ek begin hardloop toe ek die Afrikaans-teken gewaar het. ‘n Sekuriteitsbeampte se gedempte voetstappe het nader gekom. Ek het na ‘n stoorkamer gehardloop. Dit was ‘n stoorkamer aan die einde van die Afrikaans-kantoor. Tjoepstil en roerloos het ek gewag. Die sekuriteitsbeampte se flitslig het flikkerflikker in die verbygaan geskyn. Ek het gewag. Niks het gebeur nie. Hy was nie van my teenwoordigheid bewus nie. Toe ek uiteindelik by die stoorkamer Zastra Conway-Nunn, Hubert van Ellewee and other Afrikaans speaking members of staff took boys to view the acclaimed Klein Karoo Nasionale Kunstefees musical, “Agent Snoet”, at Port Natal’s Kolligfees. The highlight of the evening was an invitation to meet the actors backstage.

RkJQdWJsaXNoZXIy MTc3MDU5Nw==