Chronicle-2011

67 ACADEMIC Review uitgeloop het en die Afrikaans-kantore behendig binne gegaan het, het ek ‘n massiewe swar t kluis in die kantoor gewaar! Ek het my stetoskoop uitgehaal en skouer aan die wiel gesit. Ek het die draaiknop versigtig gedraai en ek het aandagtig deur die stetoskoop geluister. Ek het ‘n “kliek” gehoor. Dit was die eerste van vier : “kliek-klieks” en die laaste een het ‘n besliste “klonk”- geluid gemaak. Ek het die handvatsel gedraai. Toe het ek dit gesien. Dit was die enigste ding in die kluis. Dit was die gewraakte ieb- Afrikaans eindjaareksamenvraestel. Ek het die eksamenvraestel uitgehaal en ek het selfvoldaan na die fotostaatmasjien geloop. Sonder skroom het ek ‘n kopie van die eksamen gemaak en dit in my sak gesit. Ek het die eksamen in die kluis terugbesorg en na die dak gehardloop. Die nag was bitter koud, maar tog was ek was van pure opwinding papnat gesweet. Ek het dit gedoen! Ek het die Afrikaans matriekeksamen gesteel! LIGTE, KOSTUUMS,AKSIE! Deur: Dominic Koenig Graad 12 Ek kan nie wag om hierdie nagmerrie te beëindig nie! Hoe verskriklik domonnosel was ek nie om hiervoor aan te meld nie. Vir die res van my Kearsneyloopbaan sal ek ‘n bespotting wees. Ek staan agter die swaar gordyn wat my teen my openbare vernedering beskerm. Ergelik vee ek die sweet wat in irriterende straaltjies teen my gesig afloop, met die palms van my hande af en vee my hande op die belaglike rok wat ek aanhet, af. My ore word met die paniek van my te vinnige asemhaling gevul en my har t pomp so woes, dit is asof dit teen my blote bestaan protesteer. My senuwees is ontembaar. My liggaam is gevoelloos. My keel is kurkdroog. Die liedjie: “Show dem” begin speel. Ek stap op die verhoog uit... Die helder spreiligte laat my oë nie toe om te fokus nie, maar ek benodig nie my sig om te weet wat ek moet doen nie. Die ure en ure wat ek gedurende repetisies en in die privaatheid van my slaapkamer geoefen het, laat die aksies en die woorde natuurlik vloei sonder dat ek daaraan hoef te dink. Die woorde vorm vanselfseprekend in ‘n kleurlingaksent in my mond, asof dit is hoe ek nog altyd van kindsbeen af gepraat het. My intense vrees dat my optrede beroerd is, word uitgeroei deur die pragtigste klank in die hele wêreld – mense wat lag! ‘n Skaterende gebulder wat soos ‘n moskombersie om my har t kom vou. My vrees bedaar wanneer die aanvanklike pynlike skoenlappers in my maag in opwinding verander, aangevuur deur die adrenalien van seshonderd mense wat na my staar. Ek kan al die dames se parfuums ruik en ek voel die vibrasies op die houtvloer wanneer ek op en af op die verhoog stap. Ek is heeltemal in my rol geabsorbeer, asof die res van die wêreld nie bestaan nie. Ek het nog nooit in my lewe so lewendig gevoel nie. Ek verlaat die saal teensinnig; wil so graag ietsie van die ongelooflike toejuiging saam met my neem om te koester. Woorde kan nie beskryf hoe bly ek voel nie. Dit is die wonderlikste ervaring wat ek nog ooit beleef het. Ek kan nie wag om dit môre weer te doen nie. Nathan Pilbrough grade 12

RkJQdWJsaXNoZXIy MTc3MDU5Nw==