Chronicle-2011

68 IEMAND BESONDERS Deur: Jean-Pierre Conradie Graad 12 Lank gelede het ons gesin ‘n asemrowende waterval besoek. Ons drie kinders het sonder toesig in ‘n yskoue rivier baljaar, sonder om te besef hoe sterk die stroom was en dat dit ons na ‘n waterval sou meesleur. Ek was paniekbevange en het amper versmoor in die rivierwater wat soos ou modder en verrotte blare geruik en geproe het. Die dooie stank het my oorweldig en ek kon nie uitkom nie... So amper was ek bokveld toe, maar dié besondere persoon waarvan ek wil praat, mý broer (met sy vele byname) het sy ferm warm hand na my uitgestrek. Hy het my lewe gered. Francois is ‘n sagmoedige reus. Sy har tjie is piepklein en hy gee om vir al wat leef en beef. My ma sê altyd dat hy ‘n har t so groot soos ‘n taxi het: daar is altyd plek vir nog ‘n siel (of gedierte wat hy regdokter). My boetie baklei vir dit waarin hy glo, al sal dit probleme vir hom skep; al sal dit hom ongewild maak. Hy is sy eie unieke persoon en hy is glad nie afhanklik van die sogenaamde gewilde groep leerlinge se goedkeuring nie. Bokkie maak altyd grappe en laat my skater van die lag. Toe Frankie jonger was, het ons hom “Mister Bokkie” genoem, vernoem na “Mister Bean”, want hy het ons altyd laat rol van die lag totdat ons later souttrane van al die lag begin proe het. Hy is ‘n sensitiewe ou wat deurdruk en aanhou met sy skoolwerk, musiek en spor t. Sy dromme en elektriese kitaar se ritmes eggo gereeld in my (en die bure) se ore. My broer het ‘n gewrigsprobleem en is dikwels moeg en in pyn, maar hy laat nie dat dit hom onderkry nie. Hy is nie eintlik veronderstel om aan sport deel te neem nie, maar my broer is ‘n ware kanniedood. Al kan hy nie vinnig hardloop of hoog spring nie, probeer hy sy bes. Al terg mense hom oor die posisie waarin hy is, voel hy ‘n veer vir wat ander mense dink. As ouens my broer spot, lig hy sy ken op en los eenvoudig die negatiewe leë woorde soos klinkende hol simbale in sy skadu agter. Q is my beste vriend, my sielsgenoot, maar veral my held. Ek wens ek was meer soos hy. MUSIEKWAT HEEL MAAK Deur Charles Slabbert Graad 12 Wanneer ek dit hoor, is dit soos ‘n orgasme in my ore. My ernergievlakke bruis en die “doef ”, “doef ”, “doef ” van die “dubstep”-musiek spring en dans in my ore rond. Dit maak nie saak in watse bui ek is nie, want nadat ek na die “oordromdiefmusiek” luister, is ek altyd in ‘n ligter, gelukkige bui. Die ritme en swaar val van die liedjie se koorgedeeltes, laat die hare op my arms penregop staan. Hoendervleis en adrenalien promp soos ‘n wilde veldbrand deur my lyf. My hartklop is gesinkroniseer met die ritme van die “doef ”, “doef ”, “doef ” wat in my wese eggo. Rillings gly onwillekeurig by my ruggraat af. My brein sê dat ek kalm moet wees, maar my lyf skree iets anders. Die musiek is soos ‘n dwelm wat alle beheer van my lyf oorneem, annekseer en dit oorgee aan die klanke. Die ritmes neem beheer oor my lyf en gooi dit rond asof my lyf deur ‘n gees in besit geneem is. Nogtans beweeg my lyf prefek op die maat van die musiek. Die ritme wissel: vinnig, dan bedaar dit en dan weer blitsvinnig en buite beheer. Dit is ‘n wye verskeidenheid musiek wat saamgemeng word. Eerstens is dit ‘n vrou wat sing en dan is dit ‘n mengelmoes van dromme, geweerskole en elektroniese DJ-stelsels. Wanneer ek dié musiek hoor, voel ek so lig soos ‘n veer. Ek voel so sterk soos ‘n os en dit is asof ek die moed het om enige iemand of iets te kan aanvat. Die musiek gee vir my energie. Al my probleme verdwyn soos mis voor die son. Musiek lewe binne-in my. Dit verander my gevoelens handommekeer en dit laat my voel asof daar ‘n sorgvrye persoon in my lyf lewe. Die musiek maak my oorvol vreugde, eindeloos energiek en propvol goeie herinneringe en gelukkige gedagtes sonder end. Nathan Elphick grade 10

RkJQdWJsaXNoZXIy MTc3MDU5Nw==